‘n Brons-groen skaduwee in my oë
In die bos
Loop ek op wildeknoffel
met paddas orals
’n brons-groen skaduwee vul my oë
Soms lê ek
met my wang teen die klam grond
luisterend na die aarde se hartklop
Ek sien die stad se beton
en begrawe my gesig in die blaremat
Die kinders verval in diep slaap
Met tande-knersende nagmerries
En ‘n skokgolf eggo
die impak van baksteen, sement en bloed
My dae word omvat
deur donker drome
Dag en nag het ek
Hulle sien loop
Dié wat hulle verloor het laat my huil
’n hele geslag wat hulleself uitgedoof het
vlietend en volkome
soos paddas in die water plons
in ’n spoorlose oomblik
Erentia Bedeker